En die benoemings vir die Silwerskermfees speelfilm-kategorieë is… 

Die Silwerskermbeeldjies word vanjaar by twee geleenthede oorhandig. Die 12de kykNET Silwerskermfeestoekennings vir Film en TV se eerste seremonie vir die filmkategorieë, vind op Saterdag 31 Augustus om 10:00 by die Bay Hotel in Kampsbaai plaas. Daarna word die blou tapyt om 16:00 by die CTICC uitgerol vir die tweede seremonie van die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat opgeneem word en Sondag 1 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai sal word.

Hiermee die benoemings:

Beste draaiboek van ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius
  • Hier.Na – Quanita Adams
  • Die Kwiksilwers – Gabriella Blumberg, Jordy Sank, Marista van Eeden

Beste oorspronklike klankbaan in ’n speelfilm

  • Som van twee – Snoozefest, Hunter Kennedy
  • Die dekonstruksie van Retta Blom – Franco Prinsloo
  • Die Kwiksilwers – Edward George King

Beste klankontwerp in ’n speelfilm

  • Die Kwiksilwers – Sound Surgeon Studios, Morné Marais
  • Hier.Na – Alex Smillie
  • Som van twee – Charlotte Buys

Beste kinematografie in ’n speelfilm

  • Som van twee – Werner Botha
  • Hier.Na Ebrahim Hajee
  • Die Kwiksilwers – Gavin Pincus

Beste redigering in ’n speelfilm

  • Som van twee – Dries Scholtz
  • Hier.Na – Canya Cruywagen
  • Die Kwiksilwers – Esther Badenhorst

Beste grimering en haarstilering in ’n speelfilm

  • Som van twee – Gina Slingerland
  • Hier.Na – Farzanah Ebrahim
  • Die Kwiksilwers – Hanri Neethling

Beste kostuums in ’n speelfilm

  • Som van twee – Rey Yates
  • Hier.Na – Ayesha Khatieb
  • Die Kwiksilwers – Pippa Heinmann

Beste regie in ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius
  • Hier.Na – Quanita Adams
  • Die Kwiksilwers – Jordy Sank

Beste manlike byspeler in ’n speelfilm

  • Som van twee – Righard van Jaarsveld
  • Som van twee – Pierre Breytenbach
  • Hier.Na – Lyle October
  • Hier.Na – Emile Smit

Beste vroulike byspeler in ’n speelfilm

  • Die dekonstruksie van Retta Blom – Carmen Maarman
  • Hier.Na – Trudy van Rooy
  • Hier.Na – Roxanne Blaise
  • Die Kwiksilwers – Susanne Beyers

Beste akteur in ’n speelfilm

  • Som van twee – Louw Venter
  • Som van twee – James Borthwick
  • Hier.Na – David Isaacs

Beste aktrise in ’n speelfilm

  • Die dekonstruksie van Retta Blom – Antoinette Lou
  • Hier.Na – June van Merch
  • Die Kwiksilwers – Lida Botha
  • Die Kwiksilwers – June van Merch

Beste speelfilm

  • Som van twee
  • Hier.Na
  • Die Kwiksilwers